Jackson se ma kry die kinders
2009-07-30 17:16
New York – Katherine Jackson, Michael Jackson se ma, sal toesig oor sy drie kinders kry, het haar prokureur Donderdag aan CBS News gesê.
‘n Ooreenkoms is met Jackson se eks-vrou, Debbie Rowe, bereik.
Sy sal “betekenisvolle besoekersregte” kry sodat sy haar twee biologiese kinders, Prince Michael (12) en Paris (11) kan besoek, het CBS, ABC en NBC berig.
Die biologiese ma van Jackson se derde kind, Prince Michael II (7), wat ook as Blanket bekend staan, is nog nooit bekendgemaak nie.
- Sapa