Jackson se ma dagvaar konsertmaatskappy
2010-09-16 16:11
Los Angeles – Michael Jackson se ma dagvaar ‘n konsertpromotor en beweer die maatskappy het nie na die Koning van Pop se welstand omgesien nie.
Katherine Jackson beweer die maatskappy, AEG Live, het daarin versuim om noodtoerusting in plek te hê wat moontlik Michael se lewe kon gered het of om ‘n dokter te huur om na sy gesondheid om te sien terwyl hy gereed gemaak het vir sy reeks konserte.
Luidens die hofdokumente beweer Katherine dat AEG en hul agente aan Michael gesê het dat hulle die nodige toerusting in plek sal hê en dr. Conrad Murray sal huur om na hom om te sien.
“AEG het nooit hul beloftes aan Michael nagekom nie. Hulle het net seker gemaak dat hy by die oefeninge uitgekom het.
Volgens Michael Roth, woordvoerder vir AEG, het die maatskappy nog nie die dagvaarding gesien nie en wou hulle nie onmiddellik kommentaar lewer nie.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA