Jackson se kinders 'was histeries'
2011-10-03 22:00
Los Angeles – Michael Jackson se kinders het gehuil en was histeries toe hul pa dood verklaar is in die hospitaal, het ‘n noodgevalle-dokter aan ‘n hof in Los Angeles gesê, berig Sky News.
Die strafbare manslag-verhoor van Jackson se dokter, Conrad Murray, is Maandag hervat. Dr. Richelle Cooper, dokter in die noodgevalle-eenheid van die UCLA Mediese Sentrum, het getuig.
Sy was aan diens toe die sanger in die eenheid opgeneem is. Murray het Jackson vergesel.
Sy het aan die hof gesê: “My bepaling toe hy [Jackson] gearriveer het, was dat hy reeds dood was.”
Sy het gesê enige pogings om hom by te bring sou “futiel” wees en het bygevoeg dat sy nie “in enige stadium” ‘n polsslag gevoel het nie.
Sy het verlede Vrydag begin getuig in die verhoor en het aan die hof gesê Murray het nie aan haar gesê dat hy die sanger die verdowingsmiddel propofol ingegee het nie.
- Lees meer by Sky News.