Jackson se Thriller-baadjie gaan op toer
2011-07-20 14:10
Texas – Die swart en rooi leerbaadjie wat Michael Jackson in sy Thriller-musiekvideo aangehad het gaan op ‘n wêreldwye toer.
Die baadjie se nuwe eienaar, Milton Verret, ‘n handelaar van Texas, het Dinsdag gesê hy beplan om dié bekende kledingstuk op ‘n wêreldtoer te neem om sodoende geld vir liefdadigheidsorganisasies in te samel wat siek kinders help.
Verret sê hy beplan om van korporatiewe borge gebruik te maak om sy toer te help befonds.
Hy het die baadjie verlede maand tydens ‘n veiling in Beverly Hills, Kalifornië vir $1,8 miljoen (sowat R12 miljoen) gekoop.

– Volg Nuus24 op Twitter.
- AP