Jackson langs pop 'so groot soos kind' gevind
2011-10-07 10:06
Los Angeles – ‘n Pop so groot soos ‘n kind is in Michael Jackson se bed langs sy lewelose liggaam gevind.
‘n Foto is tydens die verhoor van dr. Conrad Murray aan jurielede gewys. Murray staan tereg op ‘n aanklag van onvrywillige manslag. Hy het skuld ontken.
Die pop, met blonde hare, het ‘n groen skouerbroek aangehad. Die hof is ook ‘n foto van borde gewys waarop babagesigte is. Die gesigte is na bewering dié van Jackson se drie kinders.
Die amptelike toksikologiese verslag van die toetse wat op Jackson se liggaam gedoen is, is ook aan die hof gewys. Dié dokument het bewys die ster het ses wettige middels ingeneem, waaronder propofol en efedrien.
Dan Anderson, die toksikoloog, het gesê uit al die bestanddele wat hy gevind het, het Jackson die minste hoeveelheid propofol in sy maag gehad.
Murray ontken dat hy die dodelike dosis propofol aan Jackson gegee het.
Indien hy skuldig bevind word kan hy tot vier jaar tronkstraf gevonnis word.
Die saak duur voort.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.