Jackson konsert gekanselleer
2009-12-18 19:04
Vienna – Michael Jackson se gedenkkonsert wat vir Junie 2010 in Londen geskeduleer was, is gekanselleer omdat die konsert se Australiese organiseerder gelikwideer word.
Georg Kindel, die promotor en Jackson se broer Jermaine, het reeds Europese aanhangers teleurgestel nadat hulle ‘n gedenkkonsert wat in September in Vienna sou plaasvind, gekanselleer het weens ‘n tekort aan bekendes en fondse.
World Awards Media het ‘n verklaring namens Kindel se maatskappy uitgereik en gesê die situasie sal uitgeklaar word.
Nadat die Vienna konsert nie uitgewerk het nie, het Jermaine Jacskon gesê Londen sal die ideale plek wees om die konsert te hou omdat dit die plek was waar Michael Jackson beplan het om sy konserte te hou.
Jackson is in Junie dood weens ‘n oordosis medikasie, kort voor sy geskeduleerde Londen optredes.
- Sapa