‘Jackson kon nie self propofol neem nie'

2011-10-12 09:08
Tweets Share Share line Print

Los Angeles – Michael Jackson kon nie sy eie dood veroorsaak het deur self die sterk verdowingsmiddel propofol te neem nie, het die medikus, wat die nadoodse ondersoek op die sanger gedoen het, Dinsdag aan die hof gesê.

‘n Foto van Jackson se lyk is ook in die hof gewys.

Christopher Rogers, wat die nadoodse ondersoek op die Koning van Pop se lyk gedoen het na sy dood in Junie 2009, sê dit is meer waarskynlik dat dr. Conrad Murray, Jackson se persoonlike dokter, per abuis vir hom te veel propofol gegee het om hom te help slaap.

Murray staan tereg op ‘n aanklag van onvrywillige manslag en word daarvan verdink dat hy ‘n oordosis van dié sterk verdowingsmiddel aan Jackson gegee het. Murray se prokureurs beweer egter Jackson was verslaaf aan verdowingsmiddels en het self die dodelike dosis propofol geneem wat tot sy dood gelei het terwyl Murray nie in sy kamer was nie. Murray het skuld ontken.

Murray het tydens ‘n onderhoud aan die polisie gesê hy was slegs vir twee minute weg van Jackson om na die badkamer te gaan. Met sy terugkoms het hy agtergekom Jackson haal nie asem nie.

Volgens Rogers kon Jackson, wat reeds onder verdowingsmiddels was, in dié kort rukkie nie self nog propofol by die buisie in sy been ingespuit het nie.

“Hy sou nie so vinnig kon ophou asem haal voordat Murray teruggekom het nie.”

Rogers het aan die hof gesê hy dink Murray het ‘n verkeerde dosis propofol aan die sanger gegee terwyl hy probeer het om hom te help slaap.

Murray het erken hy het 25 milligram van die verdowingsmiddel aan Jackson gegee om hom te help slaap, en moes gereelde dosisse aan hom gee om hom bewusteloos te hou.

Rogers het ook opgemerk dat Murray nie die regte toerusting gehad het om die dosisse wat hy aan Jackson gegee het na te gaan nie.

In die onderhoud wat Murray twee dae na die sanger se dood met die polisie gehad het, het hy vertel hoe Jackson amper blind was en hoe hy nooit regte kos geëet het nie. Jackson het glo ook probleme gehad om te urineer en het homself somtyds natgemaak.

Murray se verhoor sal na verwagting tot einde Oktober duur. Indien hy skuldig bevind word kan hy tot vier jaar tronkstraf gevonnis word.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2008
R 164,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i Hi-Rider PU
2006
R 119,950.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 HSE 4x4 Dsl AT
2008
R 585,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.