Jackson-kinders gesels met Oprah
2010-11-03 13:47
Los Angeles – Michael Jackson se drie kinders verskyn volgende week saam met hul ouma, Katherine, op Oprah Winfrey se kletsprogram.
Winfrey se produksiemaatskappy, Harpo, het Dinsdag gesê dat Prince Michael (13), Paris (12) en Prince Michael II (8), ook bekend as Blanket, gaan saam met Katherine en haar man Joe op die program verskyn.
Winfrey het die familie by hul huis naby Los Angeles gaan besoek.
Katherine gesels met Winfrey oor haar seun se nalatenskap, sy kinderdae en ook oor sy kinders.
- Vir die volledige storie besoek Tonight.
- Volg Nuus24 op Twitter.