'Jackson het self dodelike dosis geneem'
2011-10-29 12:34
Los Angeles – Regsverteenwoordigers van Michael Jackson se dokter het vir 'n dramatiese nuwe wending in die hofsaak oor dié popikoon se dood gesorg ná 'n kenner getuig het dat Jackson self die dosis propofol geneem het wat sy dood veroorsaak het.
Dr. Paul White het gesê Jackson het homself met 'n dosis propofol ingespuit ná die uitwerking van 'n aanvanklike dosis deur dr. Conrad Murray begin vervaag het.
White het ook aangevoer dat Jackson 'n ander kalmeermiddel, lorazepam, geneem het.
Dié kombinasie middels het "dodelike nagevolge" gehad, het die verdediging se getuie gesê.
Murray het onskuldig gepleit op 'n aanklag van onopsetlike manslag ná Jackson dood is as gevolg van 'n oordosis medikasie.
White het 'n reeks grafieke en simulasies aan die jurie gewys om sy teorie te ondersteun.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP