Jackson had glo liefdeskind by Diana Ross se sus
2010-07-28 11:53
Kaapstad – ‘n Vrou het glo na vore gekom en beweer sy is Michael Jackson se liefdeskind, het TMZ op hul webwerf berig.
Mocienne Petit Jackson het dokumente by die hof ingedien en beweer sy kan geld van die Koning van Pop erf, indien ‘n regter haar die groenlig gee om voort te gaan met DNS-toetse.
Die vrou beweer Jackson het in 1975, toe hy 17 jaar oud was, haar ma Barbara swanger gemaak. Barbara is Diana Ross se suster.
Sy beweer ook toe sy nege jaar oud was, wou Katherine Jackson, die ontslape pop-ikoon se ma, haar ontvoer om Michael se reputasie te beskerm.
- Vir die volledige storie besoek Tonight.
- Volg Nuus24 op Twitter.