Jackson-fliek - "This Is Not It"
2009-10-24 01:36
Los Angeles – Woedende Michael Jackson aanhangers het ‘n aanlyn protes begin teen die sanger se postume konsert-fliek en hulle voer aan dat die fliek die waarheid oor die Koning van pop se laaste dae wegsteek.
Bewonderaars meen dat “This is It” – wat uit meer as 100 uur van beeldmateriaal van Jackson wat vir sy konsert oefen bestaan en wat nog nooit vantevore gesien is nie – ‘n verdraaide siening van Jackson se toestand voor sy dood is.
Die langverwagte dokumentêr se premier word Dinsdag in 18 lande gewys, voordat dit vir ‘n beperkte twee weke uitgesaai gaan word.
Ten spyte hiervan is daar ‘n paar Jackson-aanhangers wat die fliek op hul webwerf. “This Is Not It”, teenstaan en beweer dat die fliek ‘n misleidende beeld van die sanger skep.
Jackson was glo in ‘n swak gesondheidstoestand voor sy skielike dood.
“Die ware toestand van Michael Jackson se swak gesondheid word weggesteek deur diegene wat ‘n wins maak uit die vertoning van die “This is It”-fliek,” het die groep in ‘n verklaring gesê.
Die verklaring beskuldig Jackson se adviseurs daarvan dat hulle die sanger se swak gesondheid geïgnoreer het terwyl hy aan die strawwe repetisies vir ‘n reeks van 50 konserte wat in Londen sou plaasvind deelgeneem het.
Die konserte sou in Julie begin het.
“In die weke wat gelei het na Jackson se dood, terwyl hierdie beeldmateriaal opgeneem is, het die mense om hom geweet hy lyk asof hy mag doodgaan,” het die groep gesê.
“Dié wat gekies het om ‘n wins te maak het gekies om dit te ignoreer.”
Vennote van Jackson het daarop aangedring dat die sanger in ‘n goeie, gesonde toestand was gedurende die repetisies.
- Sapa-AFP