Jackson-film wêreldwyd vertoon
2009-09-22 12:07
Los Angeles – Die Michael Jackson fliek “This is It” sal wêreldwyd vrygestel word.
“This is It” is gebaseer op filmmateriaal wat tydens repetisies vir sy beplande konsert net voor sy dood opgeneem is.
Sony Pictures het omtrent R420 miljoen vir die regte van dié beeldmateriaal betaal.
Dis ongewoon vir Hollywood om op dieselfde dag, reg oor die wêreld, ‘n fliek vir die eerste keer te wys.
Michael Jackson se fliek sal egter op die 28 Oktober in meer as 15 lande, onder andere Rio de Janero, Londen, Berlyn en Seoel, bekendgestel word.
‘n Rooitapyt première sal die 27ste Oktober in Hollywood gehou word, het Sony Pictures gesê.
Beeldmateriaal van sterre wat vir die rooitapyt-geleentheid in Hollywood opdaag, sal ook tydens die eerste vertonings te sien wees.
Meer as 25 lande beplan spoggerige geleenthede met die fliek se bekendstelling.
- Reuters