Jackson-film sal voortgaan
2009-08-10 18:53
Los Angeles - Aanhangers van die oorlede superster, Michael Jackson, sal hom een laaste keer kan sien optree, ná ‘n regter ‘n film oor die King of Pop goedgekeur het.
Regter Mitchell Beckloff, het ‘n ooreenkoms tussen Michael Jackson se familie, die vertonings maatskappy, AEG Live, en die filmreus Columbia Pictures, Maandag goedgekeur.
Die film beoog om beeldmateriaal van Jackson se laaste paar oefensessies, ter voorbereiding vir vertonings in Londen, te wys en sal ook video’s wat tydens dié optredes gespeel moes word, insluit.
Beckloff het Jackson se ma toegelaat om die kontrak na te gaan en beswaar te lig voor hy die ooreenkoms goedgekeur het.
Jackson is op 25 Junie vanjaar dood, voor sy toer deur Engeland kon afskop.
-Sapa