Jackson-dokter wou KPR-toerusting by konsert hê
2011-09-28 22:55
Los Angeles – Michael Jackson se dokter het die organiseerders van sy laaste vertoning gevra om toerusting vir die toepassing van kardiopulmonale resussitasie (KPR) byderhand te hou, het 'n prokureur vir AEG Live getuig.
AEG Live was die organiseerders vir Michael Jackson se beplande konsert, This Is It.
“Dr. Murray het aan my gesê ek hoef my nie oor Michael Jackson se gesondheid te kwel nie," het die AEG Live-prokureur, Kathy Jorrie, gesê.
Tog het Murray gevra dat daar toerusting vir die toepassing van KPR byderhand moet wees wanneer Michael Jackson optree.
Dr. Conrad Murray het ook versoek dat ‘n tweede dokter aangestel moet word vir die Londen-toer, ingeval hy te moeg of besig is om na Michael om te sien.
Dinsdag was die tweede dag van Murray se verhoor. Hy word van onwillekeurige manslag aangekla.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP