Jackson-dokter se verhoor sal kykers vasgenael hou

2011-09-26 12:28
Tweets Share Share line Print

Los Angeles – Aanhangers van Michael Jackson sal Dinsdag voor die kassie vasgenael wees om die verhoor van dr. Conrad Murray, Michael Jackson se persoonlike dokter, te volg.

Murray, wat skuld ontken het op ‘n aanklag van onvrywillige manslag weens die Koning van Pop se dood in Junie 2009, se verhoor gaan uiteindelik begin.

Sewe mans en vyf vroue tussen die ouderdom van 32 tot 57 is Vrydag as jurielede gekies en sal Murray se lot beslis.

Die 58-jarige Murray kan tot vier jaar tronkstraf gevonnis word indien hy skuldig bevind word.

Daar word verwag dat sy verhoor vyf weke sal duur.

Murray word daarvan verdink dat hy die sterk verdowingsmiddel Propofol aan Jackson gegee het.

‘n Lykskouer het Jackson se dood toegeskryf aan moord, veroorsaak deur ‘n oordosis van die verdowingsmiddel propofol, gekombineer met ander medikasie.

Murray se prokureur, Ed Chernoff, sal na verwagting aanvoer die bekende Thriller-sanger was verslaaf aan verdowingsmiddels en hy het telkemale meer van die medikasie geneem wanneer Murray nie in die kamer was nie.

Die verhoor sal regstreeks op televisie uitgesaai word, maar regter Michael Pastor het belowe die jurielede sal nie afgeneem of op televisie gewys word nie.

Jackson se familie se na verwagting in die hof wees insluitend sy ma, Katherine, en pa Joe Jackson. Van sy broers en susters sal ook die verhoor bywoon.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2008
R 164,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i Hi-Rider PU
2006
R 119,950.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 HSE 4x4 Dsl AT
2008
R 585,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.