Jackson-dokter se lot nou in jurie se hande
2011-11-04 09:05
Los Angeles – Die saak teen dr. Conrad Murray, die dokter wat na bewering veramtwoordelik is vir die dood van Michael Jackson, is nou in die hande van 'n jurie.
Jurielede sal na verwagting Vrydag reeds met beraadslaging begin.
Die paneel, wat bestaan uit sewe mans en vyf vroue, is Donderdag aangesê om oor Murray se lot te besluit nadat die staat en verdediging hul slotbetoë gelewer het.
David Walgren, staatsaanklaer, het die jurie gevra om Murray skuldig te bevind. Hy het geredeneer dat Murray nalatig was.
Ed Chernoff het namens die verdediging voor die jurie geredeneer dat Jackson homself met die dodelike dosis ingespuit het en dat die staat probeer om Murray vir Jackson se aksies skuldig te bevind.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP