Jackson-dokter se aandag glo by vroue
2011-04-15 11:05
Los Angeles – Dr. Conrad Murray was glo die oggend toe Michael Jackson gesterf het besig om oproepe na 'n hele paar vroue te maak.
Telefoonrekords toon dat Murray, wat onskuldig gepleit het op aanklag van onwillekeurige manslag, ‘n sms-boodskap aan ‘n ontkleedanseres gestuur het, met ‘n kelnerin op die telefoon gepraat het en ook herhaaldelik oproepe van ‘n derde vrou op die oggend van 25 Junie 2009 ontvang het.
Hofdokumente, wat deur die staat ingedien is, staaf dat Murray se verhoudings met dié drie vroue deur die jurie aangehoor moet word omdat dít kan bewys dat hy onoplettend was en dat sy aandag afgelei was toe hy na Jackson moes omsien.
Murray het nie dié oproepe tydens sy eerste onderhoud met die polisie, ná Jackson se dood, genoem nie.
- Vir die volledige storie besoek Contact Music.
- Volg Nuus24 op Twitter.