Jackson-dokter sal aan polisie oorgee
2010-02-03 18:28
Los Angeles -Dokter Conrad Murphy sal hom aan die polisie oorgee sou owerhede besluit om ‘n klag van manslag, wat hom met Jackson se dood sal verbind, teen hom in te dien, het sy prokureur gesê.
“Ek het geen spesifieke inligting wat my laat glo dat hy wel vandeesweek aangekla gaan word nie,” het Murray se prokureur, Ed Chernoff, Dinsdag aan die Los Angeles Times gesê, “maar as dit gaan gebeur wil ons dit duidelik stel dat hy hom wel sal oorgee.”
Die kantoor van die Los Angeles-distriksprokureur wou nie bevestig of aanklaers voorberei om klagtes teen Murray in te dien nie.
Murray (56) het erken dat hy die kragtige verdowingsmiddel propofol uiteindelik aan dié popster gegee het na "aanhoudende versoeke" deur Jackson self.
Twintig minute nadat Jackson deur Murray met dié middel ingespuit is, is hy weens hartversaking dood.
Murray se eie weergawe van gebeure aan die polisie wys dat hy meer as ‘n uur nadat Jackson ophou asemhaal het, eers hulp ontbied het.
- Sapa