Jackson dokter het nie inkomste
2009-11-23 12:45
Las Vegas – Michael Jackson se gewese persoonlike geneesheer, het Maandag vir die eerste keer teruggekeer na sy werk by die Houston-kliniek sedert die die Koning van Pop se dood, het sy prokureur gesê.
Dr. Conrad Murray sal weer normale kantoorure by die Armstrong Medical Clinic in Houston werk.
“Hy het sedert Jackson se dood nie ‘n inkomste verdien nie. Sy regskostes beloop yslike bedrae, en sy skuld is op die punt waar dit nie duidelik is of hy sy huis sal kan behou, of sy familie kan ondersteun nie,” het Edward Chernoff, prokureur van die 56-jarige kardioloog gesê.
“Sy doel nou is om te fokus op die pasiënte wat hom steeds geondersteun het, ten spyte van al die aandag en dreigemente wat hy moes deurmaak."
Volgens Chernoff het Murray die Armstong-kliniek besoek en 16 pasiënte gesien. Murray het laas in April by die kliniek gewerk, voor hy die werk as Jackson se persoonlike geneesheer geneem het, waarvoor hy $150 000 per maand, (sowat R1,132 miljoen) betaal was.
Chernoff het gesê Murray was nog nie betaal vir die tydperk wat hy vir Jackson gewerk het nie.
“Hy het vir sewe maande nog nie ‘n inkomste ontvang nie.”
Hy het opgemerk dat Murray $700 (sowat R5 279) wat hy geleen het, aan 'n hof betaal het, om sodoende te vermy dat hy tronk toe gaan vir die nie-betaling van sy kind se onderhoud.
Murray, wat in Las Vegas woon, was ten tyde van die 50-jarige sanger se dood, langs sy bed. Hy is sedertien die fokuspunt van die Los Angeles polisie se strafbare manslag ondersoek.
Owerhede het reeds die Houston kliniek waar Murray werk deursoek, asook sy huis, ‘n stoorkamer en ‘n apteek in Las Vegas.
Hy is nog nie aangekla nie.
Volgens Chernoff het Murray sy kantore in Las Vegas gesluit omdat hy agtervolg en gedreig was. Sy pasiënte was glo ook geteister.
“Uit die aard van die saak sal hy weer sy kantore in Vegas oopmaak,” het Chernoff gesê.
- Sapa