Jack Parow ook in Bloedsuiers te sien
2011-04-19 19:00
Kaapstad – Die Afrikaanse kletsrymer Jack Parow gaan ‘n verskyning maak in
die nuwe Arfikaanse film oor vampiere, Bloedsuiers.
Of hy een van die goeie ouens gaan speel of
een van die bloeddorstige wesens bly egter steeds ‘n geheim.
“Aanhangers sal maar moet wag en self die film
kom kyk,” het Benjamin Cowley, die vervaardiger, gesê.
Parow het ook blykbaar spesiaal ‘n liedjie vir
die film geskryf wat op die klankbaan sal wees.
Volg Nuus24 op twitter.
- Channel24