Jack Parow ís die coolste
2011-02-08 19:00
Kaapstad – Jack Parow is dalk net cooler as die res van ons: sy album, Jack Parow, het pas platinum-status bereik.
Hy is in ekstase oor die nuus: “Dankie dat julle so blerrie kief is. Vir my is dit ‘n amazing vibe en ‘n amazing eer.”
“Julle is meer as fans, ons rol soos ‘n army en niemand kan byhou nie.
“Sexy korrek of hou jou bek. Hosh ja!”
Pierre Greeff, mede-eienaar van sy platemaatskappy, Supra Familias en stigterslid van Die Heuwels Fantasties, is net so bly.
“Parow is my hero en die beste ou om ‘n verhoog mee te deel!
“Geluk, Zander!”
Jack Parow se volgende enkelsnit en video, Byellville, sal aan die begin van Maart vrygestel word.
Volg Nuus24 op Twitter.