Jack Parow: 'Dán is ek die Antichris'
2010-09-20 12:50
Kaapstad - Jack Parow, Afrikaanse zef-rapper van Bellville het sy mond uitgespoel oor Juanita du Plessis se aanmerkings.
Dit kom nadat Rapport die naweek berig het die sangeres Juanita du Plessis het vroeër aangedui sy sou nie gemaklik gevoel het daarmee om die verhoog by Huisgenoot se Skouspel te deel met dié vuilbek-kletsrymer Jack Parow nie.
Juanita en Jack is genooi om by Skouspel op te tree. Maar Jack is later deur die Skouspel-organiseerders aan die program onttrek.
Jack Parow het getweet “dis f*kk*n belaglik.al hierdie afrikaanse "sterre" kan kinders molisteer,rondn**i en al die k*k, ma as ek vloek is ek die f*kkin Antichrist!!”
Hy het Juanita ook ‘n “n judgmental d**s” op sy twitterblad genoem.
Honderde aanhangers van Juanita het sedert Sondag op haar facebookblad boodskappe van ondersteuning gelaat. Hulle het onder meer gesê hulle is baie trots op haar besluit om nie saam met Parow te verskyn nie.
Parow het na dié uitbarsting om verskoning gevra vir sy tweet, "sorry oor my vorige tweet,ek dink net dis stupid dat hulle my so judge, ma whatever, hulle deserve nie my attention nie. f*k hulle."
Volg Nuus24 op Twitter.