Jack Osbourne gaan pa word
2011-10-12 16:59
Los Angeles – Jack Osbourne, die realiteitstelevisiester en filmmaker, wat verlede maand die ja-woord vir sy meisie, Lisa Stelly, gevra het, het bevestig hulle verwag hul eersteling.
Osbourne het dié gelukkige nuus aan CNN se Piers Morgan bekendgemaak en erken hy is 'n bietjie senuweeagtig om vir die eerste keer ‘n pa te word.
Sy pa, die rockster Ozzy, wat reeds vier kleinkinders het, het van vreugde in die lug opgespring toe hy die nuus met hom gedeel het.
– Contact Music.
– Volg Nuus24 op Twitter.