Italiaanse minister boikot Cannes-filmfees
2010-05-09 01:00
Rome – Italië se minister van kultuur het gesê hy sal volgende week se Cannes-filmfees boikot aangesien ‘n dokumentêre film oor verlede jaar se L'Aquila-aardbewing by die program ingesluit is.
Sandro Bondi het sy uitnodiging geweier aangesien hy die film Draquila: Italy Trembles as propaganda beskou.
Hy het sy “spyt en bekommernis” uitgedruk oor die “propaganda film wat die waarheid en die Italiaanse mense beledig.”
Dié fliek wat deur Sabina Guzzanti, ‘n komediant en satiriese outeur, geskep is word tussen 12 en 23 Mei by die 63ste Cannes filmfees gewys.
Gedeeltes van die fliek is reeds op televisie gewys en wys Guzzanti wat Silvio Berlusconi, die eerste minister, naboots en politici veroordeel wat projekte vir herstrukturering oorgeneem het.
Van die 120 000 mense wat in April 2009 deur die aardbewing in en om L’Aquila geaffekteer is, moet 52 000 nog terug gaan of nuwe behuising kry.
- Sapa-AFP
Volg Nuus24 op Twitter.