Isochronous wil ontsnap na binne

2011-09-14 10:15
Tweets Share Share line Print

Alex, Richard, Marco en Franco. (Foto's: Marieke Snyman)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad – Toe ek nog op universiteit was, het ek saam met ‘n knaap genaamd Alex Parker studeer. Almal het van hom gehou en dan was hy nogal slim ook. Helaas, na die eerste semester het ek hom nie weer gesien nie, tot onlangs toe (sowat vier jaar later)by Mercury in Kaapstad.
 
“Ek het nie ophou studeer nie. Ek het net die joernalistiek opgegee. Ek is nou in my derde jaar besig om musiek te studeer,” verduidelik Alex terwyl hy sy klawerbord op die verhoog in die klub opstel. Hy lyk nog presies dieselfde maar praat aansienlik minder Afrikaans. ("Maar my meisie is Afrikaans," sê hy, net om te verduidelik dat hy dit darem nog so goed soos altyd verstaan.)
 
Hy bespeel die klawerbord en soms kitaar vir ‘n musiekgroep genaamd Isochronous. Die groep het onlangs hulle nasionale toer afgeskop vir die bekendstelling van hulle derde studio album, Inscape.
 
Ek het hulle klanktoets voor die konsert by Mercury bygewoon en daarna ‘n bier saam met Alex en Richard Brokensha, die hoofsanger en kitaarspeler, by The Shack langsaan gaan drink.

“Die naam Inscape beteken die teenoorgestelde as ‘escape.’ Dit beteken om jouself binne te ondersoek en dit was die hele idee agter die album,” verduidelik Alex.


(Foto: Marieke Snyman)
 
Die idee was om hulself te assesseer en dit in hulle musiek uit te beeld. Die groep het saam gegroei en “die soeke na die regte pad en kennismaking met jou siel” het plaasgevind en dit word ook in die lirieke van die album gereflekteer.
 
In 2006 het Richard en Marco Benini, die tromspeler, saam met ‘n ou van Argentinië begin musiek maak. Die ou het toe terug na sy tuisland gegaan waarna die groep vir Franco Schoeman op die baskitaar ingekry het en vir Alex op die klawerbord. Die res, soos die gesegde lui, is geskiedenis.
 
“Ons het al baie met die band bereik. Ons het drie albums, ons het in Duitsland getoer en ons het al in Suid-Afrika getoer. Ons het ook ‘n konsertopname in Berlyn gemaak en het ‘n enkelsnit wat op 5FM speel,” sê Alex trots.


(Foto: Marieke Snyman)
 
Hulle het ook “awesome” verhoudings met mekaar ontwikkel omdat hulle aanvanklik nie as vriende nie, maar as musikante, bymekaar gekom het. Die vriendskap het eers daarna gekom.
 
“Richard het so ruk terug gesê dat musiek een van die dinge is wat ons bymekaar hou en dan groei ons vriendskap rondom dit.”
 
Alex het so ver gegaan as hom hulle vriendskap met die huwelik te vergelyk. Hulle wil mekaar telkemale vermoor maar aan die einde van die dag is hulle nog vriende.
 
“Ek wil soms Richard se kop afblaas en Richard wil soms my kop afblaas. Ek wil hom baie in die gesig skop maar ons is steeds lief vir mekaar.”
 
Richard (wanneer hy eindelik kans kry om iets te sê terwyl Alex aan sy bier teug) sê dat Isochronous oor die algemeen oor ‘n kollektiewe bewussyn sing meer as wat hulle oor die liefde sing.
 
“Daar is ‘n verbintenis tussen die vier van ons en weens daardie verbintenis voel dit asof die gehoor ook deel daarvan raak. Hulle voel ook die verbintenis aan,” sê hy.
 
“Wanneer ons opvoer het almal dieselfde ingesteldheid. So baie van ons lirieke gaan oor die weg om onsself te vind en om sodoende ander mense deur dit te ontdek.”


(Foto: Marieke Snyman)
 
Die hele groep dra by tot die lirieke maar meestal doen Richard en Marco die skryfwerk en aanvanklike musiek. Daarna werk die hele groep daaraan tot die uiteindelike produk bereik word.
 
“Op die nuwe album is die lirieke deur my en Marco geskryf en die hele groep het aan die verwerking gewerk. Dit het sowat ‘n week geneem om die opname te maak maar dit het omtrent ‘n jaar geneem om by die punt te kom waar ons die album kon opneem,” sê hy.
 
Op ‘n gegewe oomblik tydens die onderhoud word ons gesteur deur ‘n man wat vir ‘n sigaret vra. Alex gee vir hom ‘n sigaret en vra vriendelik dog streng dat die ou ons moet uitlos. Die ou se woorde voor hy ons verlaat, is “onthou, moet dit nie oordoen nie, doen dit net oor.”
 
Isochronous het tentatiewe planne om weer oorsee te toer, maar daar is nog nie besliste planne nie, sê Alex.
 
Hulle gaan wel ‘n DVD vrystel van ‘n konsert in Berlyn wat verlede jaar tydens ‘n toer saam met Marius Muller-Westernhagen, ‘n Duitse rock-ster, opgeneem is.
 
“Ons het hom verlede jaar ontmoet by ‘n konsert en bietjie met hom gesels. Ons het net nie geweet hy soek na iemand om saam met hom te toer nie. Later het ons ‘n oproep van hom gekry waar hy gevra het of (en Alex maak ‘n goeie Duitse aksent na) 'julle nie ‘n toer in Duitsland saam met my wil doen nie?’”
 
Hulle het gegaan, hulle het gesien en hulle het met baie kennis, wysheid en ‘n visie vir die toekoms oor wat hulle wil bereik na Suid-Afrika teruggekeer.

Ek het nou wel net die soundcheck bygewoon, maar wanneer Richard begin sing, maak hulle musiek sin. Jy leef saam met die band in daardie oomblik en aan die einde van die aand voel jou siel so klein bietjie ryker.

– Vir meer oor Isochronous besoek hulle webwerf.

– Volg Isochronous op Facebook en Twitter.


(Foto: Marieke Snyman)

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

Lees meer oor: isochronous  |  kaapstad  |  mercury  |  musiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2008
R 164,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i Hi-Rider PU
2006
R 119,950.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 HSE 4x4 Dsl AT
2008
R 585,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.