Is daar ‘n God? vra nuwe film
2009-09-05 10:32
Los Angeles - Help God mense wat bid meer as ander? Dit is die vraag wat die nuwe rolprent, Lourdes, vra.
Die rolprent is deel van vanjaar se Venice-filmfees en vertel die storie van ‘n kwadrupleeg wat woed oor die onregverdighede in die wêreld en God se rol daarby.
Die hoofkarakter vertrek op ‘n pelgrimsreis omdat dit haar manier van ontsnap is siende dat sy meeste van haar lewe spandeer aan selfbejammering. Hier vra sy vrae oor die natuur van God om met haar eie situasie vrede te maak.
Dié film deur Jessica Hausner is reeds in Australië te siene en sal volgende by die Toronto-filmfees vertoon word.
- Reuters