Bose Charlize jag dalk Sneeuwitjie Kristen Stewart
2011-01-27 12:33
Los Angeles - Gerugte doen die ronde die Twilight-aktrise Kristen Stewart word die hof gemaak om die sprokiesrol van Sneeuwitjie te vertolk.
Die fliek, Snow White and the Huntsman, se regie word deur Rupert Sanders behartig en Viggo Mortensen is glo ook op die kortlys om 'n rol in die fliek te kry.
Charlize Theron is glo in samesprekings om die bose koningin te speel.
Stewart sal moet meeding met aktrises soos Riley Keough, Felicity Jones en Alicia Vikander.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters