Is DiCaprio dan verloof?
2010-02-16 12:46
Berlyn - Valentynsdag is pas verby en dit wil blyk of Leonardo DiCaprio dalk in die geheim die ja-woord aan sy meisie Bar Refaeli gevra het.
Refaeli, ‘n 24-jarige model van Israel, het onlangs met ‘n blink goue ring aan haar ringvinger by die "Cinema for Peace"-liefdadigheidsonthaal in Berlyn, gespog. Refaeli het saam met DiCaprio en sy ma by die onthaal opgedaag.
Die paartjie het in Junie 2009 hul verhouding beëindig maar het verlede maand die tonge laat klap nadat hulle saam by ‘n basketbalwedstryd gesien is en glo besluit het om hul stormagtige verhouding nog ‘n kans te gee.
Lees meer by www.dailymail.co.uk.