Is Demi Moore alweer verlief?
2011-12-02 10:06
Los Angeles – Die aktrise Demi Moore, wat onlangs aangekondig het sy en haar man, Ashton Kutcher, gaan skei, is glo in ‘n verhouding met Scott-Vincent Borba.
Moore en Borba het die afgelope paar weke baie na aan mekaar geword en het glo verlede week besluit om hul vriendskap tot die volgende vlak te neem.
“Demi en Scott-Vincent het verlede week begin uitgaan. Hulle ken mekaar al vir ‘n geruime tyd en hy was regtig daar vir haar deur die hele Ashton-ding,” het ‘n bron gesê.
Borba, wat in sy middel dertigs en medestigter van BORBA-velprodukte is, is glo hals oor kop verlief met die 49-jarige Moore.
Die bron het aan RadarOnline.com gesê dis maklik vir Borba om sy verhouding met Moore ‘n geheim te hou omdat hy gereeld met bekendes afgeneem word.
Moore, wat drie dogters saam met haar eerste man, Bruce Willis, het, het verlede maand aangekondig sy en Kutcher gaan skei nadat hy glo ontrou was.
Moore en Kutcher was ses jaar getroud.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.