Iron Man wys Robin Hood wie's baas
2010-05-17 12:10
Los Angeles – Die nuutste film oor die legendariese dief Robin Hood het in die eerste naweek nadat die film op die silwerdoek begin rol het, die voortou by die wêreldwye loket geneem met $111 miljoen (R840 miljoen).
Dié rolprent, met Russell Crowe in die hoofrol, het egter nie daarin geslaag om Iron Man 2 as eerste keuse in Noord-Amerika te vervang nie.
Robin Hood het ’n beskeie $37,1 miljoen (R280 miljoen) by die plaaslike loket ingesamel, het Universal Pictures gesê.
Iron Man 2 het egter sy kroon behou deur om $53 miljoen (R401 miljoen) gedurende die tweede naweek te verdien.
Kliek hier vir die volledige storie.
-Volg Nuus24 op Twitter.