Invictus: Toekenning wink vir Freeman
2009-12-17 18:43
Los Angeles - Up in the Air, Precious en Inglourious Basterds het elk drie nominasies vir die Screen Actors Guild-toekennings gekry en tussen hulle, nominasies vir George Clooney, Diane Kruger en Mo'Nique.
Inglourious Basterds en Precious spook sake uit vir die beste rolverdeling saam met An Education, The Hurt Locker en Nine.
Up in the Air is uitgesluit in dié kategorie, maar het 'n nominasie vir die beste akteur vir Clooney en beste byspelers vir Vera Farmiga en Anna Kendrick gekry.
Die aktrises wat meeding om die toekenning vir die beste aktrise is Sandra Bullock vir The Blind Side en Meryl Streep vir Julie & Julia.
Jeff Bridges vir Crazy Heart en Morgan Freeman vir Invictus is genomineer vir die toekenning vir die beste akteur.
– Sapa-AP