Inspirerende dans huldig ballerina Phyllis Spira

2010-08-04 09:43
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Die professionele nalatenskap van die ­Prima Ballerina Assoluta Phyllis Spira sal voortleef solank Suid-Afrika dansers oplei. Haar
uitvoerings was van die ­beste, so ook haar opleiding van dansers daarna.

Sy was 15 toe sy alleen liggaam en siel byeen moes hou in ’n Londense bed­sitter nadat sy by die Royal Ballet School aanvaar is. Haar tegniek, musikaliteit, “verkleurmannetjie”-eienskap en die kroontjie-tot-toontjie uitlewing van haar kunstenaarskap is bekend. Sy was immers ’n ballerina in die wêreldklas.

Minder wêreldkundig is hoe sy ná haar verhoog-aftrede tot met haar on­tydige dood in 2008 haar kuns met ­kinders uit agtergeblewe gemeenskappe in en om Kaapstad gedeel het, geskool op ’n inisiatief van die dans-doyen David Poole. Sondag het ’n volgepakte operahuis in Two Decades, ONE InSPIRAtion 1991-2110 ’n glimp hiervan beleef.

As stigterslid van Dance For All (DFA) saam met haar lewensmaat en voormalige Kruik-danser, Philip Boyd, kon Spira uiteindelik die vreugde beleef van DFA se eie mooi, funksionele ateljee in Athlone nadat hulle in 1991 met 34 ­studente by die Sivuyile College in Gugule­thu sonder spieëls en barres (as ek reg onthou) begin het. Baie kinders wat deur haar hande gegaan het, dans nou professioneel en ander gee klas. Die ­afronding waarmee die huidige DFA-studente die verhoog betree, getuig van die res.

’n Visuele beeldvoorstelling Sondagaand het enkele uittreksels uit Spira se loopbaan uitgelig. Hierin was etlike ­passasies saam met haar gevierde dansmaat danseur noble Eduard Greyling. Dat hy nie, hoe vlietend ook al, hulle lang en legendariese dansvennootskap in woorde herroep het nie, was jammer.

In die intree-item sowel as die grande finale was hy wel op die verhoog saam met enkele afgetrede dansers uit Spira se tyd, soos Ann Lloyd, Nicolette Loxton, Juanita Yazbek en Carol Kinsey.

Drie prominente Vriende van DFA, emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu, die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, en Soli Philander, het op sigself ’n vermaaklike kamee gelewer.

Buiten die Spira-fokus was die aand ook ’n viering van DFA se 21ste jaar. Die program is deur Boyd en die bekende danser en choreograaf Christopher ­Kindo byeengebring. Dit het gevarieerde werke van DFA self en voorste ­Kaapse dansinstansies ingesluit. Hoogte­punte was Chopin Changelings, gechoreografeer deur Adéle Blank en uitgevoer deur die Free Flight-dans­geselskap.­ ­Musikaal, afgerond, slim (met kieries!) en kykbaar in besonderhede. Xola Putye, een van Spira se eerste studente, het saam met Megan Swart ’n pas de deux uit Don Quixote gedans.

Albei dansers is altyd ’n plesier, maar Swart sou uitgelese balletkykers ­waarskynlik dalk herinner aan die ­huidige standaard van die Kaapstadse Stadsballet. Spira se era is verby, wat klassiek betref, en ’n nuwe era het nog nie aangebreek nie.

Die gedetailleerd en bykans briljante afronding van, byvoorbeeld, die La ­Rosa- Spaanse dansers was afwesig by voorgenoemde. Die kreatiewe en ­emosionele chemie met die drie ­Flamenco-musici op die verhoog, ­Bien­yameen, Robert Jeffery en Lorean Swartz, was vir my die artistieke hoogte­punt van die aand.

Shift van Grant van Ster en Shaun Oelf (Jazzart-dansteater), gechoreo­grafeer deur Sbonakaliso Ndaba, was kontemporêr op sy beste: ’n visuele fees vanuit ’n wydlopige emosionele ­register.

Hulle bevestig dat goeie choreografie en tegniek wel uitdrukking kan gee aan die onuitspreekbare, soos ook die ­musiek waarop die werk geskryf is, ­“Tales of the Inexpressible’’ van Shpongle, beklemtoon.

- Die Burger

Lees meer oor: vermaak

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2008
R 164,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i Hi-Rider PU
2006
R 119,950.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 HSE 4x4 Dsl AT
2008
R 585,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.