Inbraak by 50 Cent se huis
2010-12-22 20:31
Johannesburg – Die polisie in Connecticut is uitgeroep na 50 Cent se huis, na wagte ’n verdagte voertuig in die huis, met 52 kamers, se oprit opgemerk het, berig die SowetanLive.
Twee mans is toe inhegtenis geneem, na die polisie een in ’n kas gevind het.
Volgens TMZ het die twee verdagtes die huis binnegekom by ’n deur wat nie gesluit was nie. Hulle het ook dagga in hul besit gehad.
Die verdagtes is op borgtog van $50 000 vrygelaat.
Lees die volledige storie hier
Volg Nuus24 op Twitter