Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Immergewilde Laurika steeds tuis in die kollig

2012-07-11 10:12
Tweets Share Share line Print

(Foto verskaf)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou stories

Kaapstad – Ek ontmoet Laurika Rauch, die legendariese Afrikaanse sangeres, by ‘n koffiewinkel in Canal Walk om oor die begindae van haar loopbaan en haar lewe in die kollig te gesels.

Laurika, kom ek vining agter, lag maklik en gesels lekker. So tussen die kaaskoek en koffie deur, spring sy sommer gou weg met stories van die 70’s, toe alles begin het.

“Ons eerste lot (Laurika, Anton Goosen, David Kramer, Clarabelle van Niekerk, Coenie de Villiers, Amanda Strydom en ander) was redelik geseënd want ons het ongelooflike geleenthede gehad. Die tafel was reeds vir ons berei deur Gé Korsten, Min Shaw, Mynie en Jan Grové – en in daardie tyd was Sonja Herholdt ook al aan die gang.”

Anton Goosen het ‘n groot rol in Laurika se beginjare gespeel. Hy het baie van haar liedjies geskryf en hulle het ook saam deur die land getoer.

“Ek en Anton en Sonja het getoer met FC Hamman se maatskappy met die naam van Klingel Produksies. Daar was ‘n bestuurder, Jakkie, en hy het vir ons optredes gereël. Dan klim jy in ‘n kombi en ry met een of twee musikante of ‘n hele band en ‘n klomp sleepwaens van dorp tot dorp. Dit is daardie eerste ontdekkings van die musieklewe wat vir my ongelooflike herinneringe inhou.”


(Foto verskaf)

'n Mens sou dink dat die senuwees ná al die jare op die verhoog nie meer pla voor 'n vertoning nie, maar Laurika help my gou reg.

“Jy verloor dit nooit nie. En as jy dit verloor, dink ek moet jy ophou om dit te doen. Dit is deel van die optrede, die adrenalien.  En dit is wat jou optrede goed maak.”

Daar is nie 'n enkele kunstenaar of liedjieskrywer saam met wie Laurika al gewerk het wat nie vir haar ‘n gunsteling was nie, vertel sy. En wanneer sy wel saam met 'n ander kunstenaar werk, moet die werk 'n eenheid vorm – daar moet harmonie wees, pleks van twee afsonderlike stemme.

“My agtergrond in die teaterbedryf maak dat ek ingestel is daarop dat daar nie een mens is wat uitstaan nie, maar dat dit saam ‘gel’.  Dis nogal moeilik as jy iets soos Skouspel doen en daar is meer as 60 ander kunstenaars. Maar jy doen maar jou beste,” verduidelik sy met 'n glimlag.


(Foto verskaf)

Vir haar loopbaan self het sy nie regtig ‘n groot meesterplan nie.

“In ‘n groot mate is daar ‘n organiese element in alles wat ek doen. So daar is nie iets wat ek projekteer en sê, ‘oukei, dit is wat gaan gebeur' nie. Dis heeltemal ‘n ander storie as jy besluit hierdie is ‘n projek, en daardie mense moet bespreek word en daardie borge moet gewerf word. En ek het eerlikwaar nie die soort persoonlikheid om so iets aan te pak nie.”

Wanneer 'n mens so lank reeds in die bedryf is, kom daar gewoonlik ook ‘n tyd wat jy moet besluit om jou benadering te verander, of om ‘n ander styl op die proef te stel. Laurika verwelkom dié veranderings, en reken dit is wat haar werk vir haarself en haar aanhangers interessant hou.

“My behoefte is om myself aanhoudend te herskep. Jy moet iets uit jou werk uit put en dit is die uitdaging van herontdekking van jouself as kunstenaar en van materiaal, bestaande of nuut.

“In die vroeër jare... sou jy gesien het dat ek baie geëksperimenteer het. Ek het begin as aktrise en meer ‘n kabaret-kunstenaar. Ek het toe in die hoofstroom beland as gevolg van ‘Kinders van die Wind.’ Toe het die meer gewilde liedjies begin.  Anton was nog daar en hy het van my liedjies geskryf. Later het ek met Chris (Torr) getrou en het hy van my liedjies begin skryf.”

Deur die jare het Laurika se gewildheid ook net toegeneem – sy is reeds vir die res van die jaar vol bespreek. Sy reis met haar eie produksie deur die land – en dan lê Skouspel ook nog voor. Daar is egter twee optredes vanjaar wat haar baie na aan die hart lê, albei vir liefdadigheid.

“Die een is Want ons kan/‘Cause we can, wat elke jaar gereël word deur Margit Meyer-Rodenbeck en Hennie van Greunen. Die program bestaan uit die bydraes van verskeie sangers, komediante en persoonlikhede. Die optredes word gehou om geld in te samel vir liefdadigheidsorganisasies en elke jaar kies hulle twee of drie verskillende organisasies om te ondersteun. Die vertoning vind op 29 Julie plaas in die Bellville Burgersentrum.

“Die ander een wat vir my baie na aan my hart is, my spesifieke liefdadigheid wat ek ondersteun, is vir ‘n fondsinsameling vir die kogliêre inplantaat van Irene Herselman deur die Steve Biko Hospitaal.” Die middagvertoning is op die 21ste Oktober in die Aula in Pretoria.

En wat is dit wat Laurika se werk vir haar vandag steeds 'n vreugde maak? Sy antwoord my vraag met 'n relaas uit die dae toe sy nog by die legendariese After Dark-restaurant naby die Kerkplein in Pretoria opgetree het.

“Ek het jare gelede ‘n pianis gehad, hy is reeds oorlede. Sy naam was David Taljaard. Ek en David het by die After Dark-restaurant opgetree. Dit bestaan nie meer nie. Dit was ‘n donker plek en daar kon so 200 mense inpas. Daar was ‘n klein verhogie. Maar After Dark het vir kunstenaars die geleentheid gebied om dinge te probeer soos jy nie sal kan glo nie. En daar was ‘n gereelde gehoor wat jou sou ondersteun of jy nou ‘n gek van jouself maak of nie.”

Laurika is vir ‘n lang tyd elke jaar gevra om in Desembermaand daar op te tree.  So gebeur dit toe een jaar dat sy ‘n vreeslike tandpyn ontwikkel. Sy besluit toe om liefs nie antibiotika te gebruik nie, want sy is bang die medisyne beïnvloed haar stem en optrede. Vir tien volle dae het sy met erge tandpyn opgetree.

“’n Mens doen dit nie. Dit was baie verspot van my. David vra my toe een aand in die kleedkamer voordat ons opgaan ‘Is dit baie seer?’ en ek sê toe vir hom, ‘Nie as ek sing nie.’ Alles verdwyn as ek sing. Alles. Psigiese pyn, emosionele pyn, fisieke pyn, enige sorge.

"Alles verdwyn as ek sing.”




– Besoek Laurika se webblad (www.laurikarauch.com) of haar Facebook-blad (www.facebook.com/LaurikaRauch).

–  Volg Marieke Snyman en Nuus24 op Twitter.
 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Saturday Edenvale - 18:56 PM
    Road name: N3 Northbound
    Accident before Linksfield Road, queuing traffic through Gilloolys Interchange
  • Saturday Houghton Estate - 13:26 PM
    Road name: Louis Botha Avenue
    TRAFFIC LIGHTS not working at Houghton Drive
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Assistant Director

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R750000 - R1000000

Product Controller

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R450000 - R600000

MI Accountant CA

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.