Idols-wenners vertel lewensverhale by Baxter

2011-08-05 13:48
Tweets Share Share line Print

Die Idols-wenners Karin Kortjé wat die kompetisie in 2005 gewen het en Jody Williams wat dit in 2007 gewen het is eerdaags in die produksie, This Is My Life, by die Baxter-teater te sien.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad - Die twee Idols-wenners Karin Kortjé en Jody Williams is binnekort by die Baxter-teater te sien in die produksie, This Is My Life

Kortjé het gesê sy wou nog altyd deel wees van 'n teaterstuk. En het toe met die bekende kunstenaar Alistair Izobel, wat die vervaardiger is, oor haar idees gaan gesels.

"Dit sou aanvanklik 'n eenvroustuk wees, maar nadat ek en Alistair gesels het, het ons besluit om vir Jody te betrek. My en Jody se lewenservarings is baie dieselfde en ons was altwee onervare toe ons Idols gewen het," het Kortjé vertel.



En dis juis wat dié produksie só interessant en anders maak.

Nie net gaan Kortjé en Williams die gehoor met hul pragstemme en sang vermaak nie, maar hulle gaan ook hul lewensverhale vertel, hoe dit tydens die Idols-oudisies was en wat hulle alles ervaar en beleef het.

Elkeen van hulle het met 'n lys van liedjies na vore gekom wat hulle gevoel het pas by hul lewensverhale.

Volgens Williams gaan die gehoor die geleentheid kry om die 'ware Karin en Jody te leer ken'.

"Ons gaan die mense op 'n reis neem en hulle gaan dinge oor ons leer en sien wat hulle nie van ons geweet het nie."



Volgens Kortjé werk sy en Williams juis lekker saam omdat altwee van hulle iets anders na vore bring.

Altwee is dit eens dat hulle nooit in hul wildste drome gedink het dat hulle Idols sou wen nie.

"Daar was soveel ander deelnemers wat net so goed was. Die publiek se stemme kon maklik in enige rigting gegaan het," het Kortjé vertel.

Die direkteur van die produksie is Basil Appollis met Camillo Lombard wat die musikale direkteur is.

Die produksie, This Is My Life, is vanaf Maandag 8 tot Saterdag 13 Augustus by die Baxter-teater te sien.

Kaartjies kos R120 en is by Computicket beskikbaar.

Kliek hier om 'n video van Karin te sien waar sy besig is om te repiteer vir die vertoning.

– Volg Nuus24 op Twitter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2008
R 164,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i Hi-Rider PU
2006
R 119,950.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 HSE 4x4 Dsl AT
2008
R 585,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.