Idols se Dave verloof
2011-10-19 12:12
Kaapstad – Dave van Vuuren, wenner van die sewende Idols-reeks, en sy meisie, Jess Nolan is verloof, het hy op sy Facebook-blad aangekondig.
"Ek is verloof aan my sielsgenoot," het Van Vuuren geskryf.
Hy het kort ná hy vroeër vandeesmaand as wenner as Idols aangewys is, aangekondig dat hy Nolan gaan vra om te trou.
“Sy is die liefde van my lewe. Ek gaan haar volgende week vra om te trou,” het hy vroeër gesê.
Van Vuuren is die eerste Idols-wenner van die Gauteng-provinsie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Nuus24