‘Idols’ se 14 bestes is gekies!

2010-08-20 09:32
Tweets Share Share line Print

Beeld

Johannesburg - Die lang wag is verby vir Idols-aanhangers, want die eerste episode waarin ons die deelnemers gaan sien optree, is dié naweek (M-Net, Sondag om 17:30).

Hou solank jou selfoon byderhand, want dié week gaan twee deelnemers die trekpas kry.

In hierdie week se episode gaan net sewe van die 14 deelnemers die kans kry om hul staal te toon, met die tweede groep van sewe wat volgende week aan die beurt kom (en wanneer daar wéér twee uitgestem sal word).

Vandeesweek se groep van sewe is: Boki Ntsime, Bongi Mthambeni, Jess Yallup, Peter Grobler, Pieter West, Sindisiwe Nene en S’Posh Petshwa.

Volgende week kom Adeline Mocke, Elvis Blue, Funeka Peppeta, Gail Nkoane, Jamie-Lee Sexton, Lloyd Cele en Zintle Mkwela aan die beurt.
 
Peter Grobler van Durban is op 20 jaar die jongste van die deelnemers.

Hy is in Johannesburg gebore, maar het in Margate grootgeword. Op nege het hy by ’n klassieke jeugkoor aangesluit.

Peter was ook ’n talentvolle rugbyspeler, maar het sy knie in matriek gebreek en kon daarna nie meer aan sport deelneem nie.

S'Posh Petshwa (24) van Port Elizabeth het media-kommunikasie en kultuur aan die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth studeer.

Sy het nog altyd haar stem gebruik om die kollig te steel en het as ’n platejoggie by ’n plaaslike radiostasie gewerk.

S’Posh werk by die departement van veiligheid en skakeling in PE.

Sindisiwe Nene (22) van Durban het musiek aan die Universiteit van KwaZulu-Natal studeer, waar sy ook geleer het om baskitaar te speel.

Sy woon in Glenwood en gebruik haar vrye tyd om soveel moontlik op te tree.

Jess Yallup (22) van Durban het in La Lucia grootgeword en het musiek, media en drama aan die Universiteit van KwaZulu-Natal studeer.

Sy is in ’n plaaslike band, Sea of Stars, en het selfs al in die Midde-Ooste opgetree.

Pieter West (25) van Bloemfontein is ’n gebore en getoë Vrystater wat in Koffiefonten grootgeword het en hoofseun van sy skool was.

Pieter het aan Kovsies studeer waar hy ’n honneursgraad in beleggingsbestuur verwerf het.

Voordat hy vir Idols ingeskryf het, het Pieter as ’n rekenmeester gewerk.

Boki Ntsime (21) van Johannesburg het in Krugersdorp grootgeword en musiek studeer aan Damelin College in Bramley.

Hy begelei homself graag met die klavier as hy sing.

Bongi Mthambeni (21) van Johannesburg is in Tembisa gebore en getoë en het reeds as jong seun besluit hy wil musiek sy loopbaan maak.

Bongi het homself leer klavier speel en sing en gebruik sy vrye tyd om kinderhuise te besoek waar hy die kinders leer om musiekinstrumente baas te raak.

Bongi speel ook tromme en baskitaar.

Jamie-Lee Sexton (22) van Johannesburg het in Idols 3 tot by die top-12 gevorder. Sy was toe net 17.

Sedertdien het Jamie-Lee ’n diploma aan Afda verwerf en is besig met haar honneursgraad in drama.

Zintle Mkwela (24) van Durban het in KwaMashu grootgeword en is ’n mediese ortotika-en-prostese-tegnikus.

Sy skryf graag gedigte.

Elvis Blue (30) van George is getroud en die trotse pa van ’n agt maand oue babameisie.

Elvis is ’n musiekonderwyser en heeltydse musikant in George.

Elvis se regte naam is Jan Hoogendyk en hy het die verhoognaam Elvis Blue aangeneem ter herinnering van ’n vriend van hom met dieselfde naam wat aan MIV/vigs oorlede is.

Gail Nkoane (25) van Kimberly was een van die top-vyf finaliste vir Mej. Tiener Suid-Afrika in 2001 en bedryf haar eie maatskappy in Kimberly, waar sy saam met haar pa werk.

Lloyd Cele (28) van Durban het in KwaZulu-Natal grootgeword en het sagteware-ingenieurswese aan die MIIT-kollege in Durban studeer.

Lloyd werk vir ’n IT-maatskappy as ’n grafiese ontwerper, maar was nog altyd lief vir musiek en het as kind begin in die kerk sing.

Hy is getroud met Janice en het ’n 18 maande oue seuntjie, Levi Josh.

Adeline Mocke is ’n FHM-model wat in Upington grootgeword het.

Sy is deel van ’n hegte gesin en het deur moeilike tye gegaan toe kanker vroeër vanjaar by haar pa gediagnoseer is.

Wanneer sy nie sing nie, hou Adeline daarvan om op ’n motorfiets of waterponie te ry.

Funeka Peppeta
(24) van Johannesburg is eintlik ’n boorling van Port Elizabeth, waar sy in 2002 verkies is as die junior burgemeester van dié stad.

Sy het ook aan Afda gegradueer en toe ’n maatskappy gestig waar sy dramastudente aanstel om op te tree by korporatiewe en openbare geleenthede.



- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: idols

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2008
R 164,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i Hi-Rider PU
2006
R 119,950.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 HSE 4x4 Dsl AT
2008
R 585,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.