‘Idols’ 2010 beloof weer tonne kykplesier

2010-07-18 09:46
Tweets Share Share line Print

Gauteng -  ’n Pragtige blonde langbeen-model met ’n treurige gesinsverhaal, ’n meisie met ’n opera-ma wat sing vir haar pa wat tragies oorlede is, ’n verlamde rolstoelmeisie met groot drome en ’n man met sy kitaar genaamd “Elvis’’ van George wat Mara Louw behoorlik laat huil.

Hierdie is net ’n handvol van die deelnemers in die eerste episode van die sesde seisoen van Idols wat vanaand om 17:30 op M-Net begin.

Boonop is die nasaat van genl. Koos de la Rey, Jan de la Rey Wagener van die Strand wat laas jaar die houtmikrofoon as swakste deelnemer gekry het, ook terug om weer te probeer.

Hy karaoke nou lekker en sing vir mense by die restaurant waar hy werk.

Rapport het na die eerste Idols-episode gekyk wat met die Kaapse oudisies begin het en kykers kan hulle regmaak vir baie meer trane wat uit hartseer én teleurstelling gaan vloei as in vorige jare.

Mense wat dink die betaalkanaal se werklikheidsreeks het ná ses seisoene reeds al die sangtalent ontdek wat daar in die land is, gaan na hul asem snak wanneer hulle sien wat die deelnemers in die eerste episode aanvang en vermag.

Die pragtige langbeen FHM-meisie Adeline Mocke (21) se oë verraai niks van haar hartseerverhaal nie. Haar pa het kanker, maar hy het sy dogter gevra om spesiaal vir hom vir Idols in te skryf.

Wanneer Gareth Cliff en Randall Abrahams die blonde Mocke wil deursit sonder dat sy ’n enkele noot gesing het, wil Mara Louw niks daarvan hoor nie. Bikini-modelle soos Mocke het mos nie gewoonlik suksesvolle sangloopbane nie.

Die trane biggel egter oor Louw se wange toe Jan Hoogendyk, ’n aantreklike kitaartroebadoer met ’n innemende glimlag en ’n baie emosionele storie agter sy naam “Elvis’’, aan die beurt kom.

Om ’n herhaling van laas jaar se stemfiasko gedurende die Idols-eindstryd te voorkom toe al die geldige stemme nie betyds getel is nie, gaan M-Net vanjaar ’n verandering aanbring wanneer Idols se uitstem-programme in September begin.

Die stemtydperk bly dieselfde, maar die uitstem-episode gaan na Dinsdagaande om 19:00 verskuif.

Die bykomende Idols Extra-kanaal begin vanaand om 19:00 op DStv-kanaal 199. 

Lees meer oor: vermaak  |  idols

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2008
R 164,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i Hi-Rider PU
2006
R 119,950.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 HSE 4x4 Dsl AT
2008
R 585,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.