Ibrahim tree op in Suid-Afrika

2012-01-21 06:53
Tweets Share Share line Print

Kaapstad –  Abdullah Ibrahim, een van Suid-Afrika se grootste jazzlegendes, sal aanstaande maand ’n konsert in onderskeidelik Kaapstad en Johannesburg aanbied.

Ibrahim tree met ’n orkes van 18 lede op 11 Februarie in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum op, en op 17 Februarie in die Linder-ouditorium in Johannesburg.

Ander sterre in die jazz-wêreld, soos Andile Yenana, Feya Faku en Barney Rachabani, sal die verhoog deel, asook internasionaal bekendes soos Tony Koti en Andrae Murchison.

Die konsert heet Senzo, wat “voorouer” in Chinees en Japans beteken. Dit eggo ook die naam van Ibrahim se Sotho-pa, in wie se taal die woord “skepper” beteken.

Ibrahim tel vandag onder die land se mees uitnemende pianiste, en is ’n meestermusikus wat wêreldwyd respek afdwing. Hy is in 1934 in Kaapstad gebore as Adolph Johannes Brand, en het reeds op sewejarige ouderdom klavierlesse begin neem.

Toe hy as 15-jarige sy professionele debuut gemaak het, het “Dollar Brand”, soos hy mettertyd bekend geword het, reeds blootstelling aan ’n wye verskeidenheid musikale invloede gehad. Dit het gewissel van Amerikaanse jazz en township-jive tot Kaaps-Maleise en klassieke musiek. Uit hierdie mengelmoes van style en invloede het Brand oor die jare sy eie, individuele musikale woordeskat opgebou.

In 1959 het Brand saam met Kippie Moeketsi (saxofoon), Hugh Masekela (trompet), Jonas Gwanga (tromboon), Johnny Kotze (bas) en Makaya Ntshoko (tromme) die groep Jazz Epistles begin en die eerste jazz-album deur Suid-Afrikaners opgeneem.

In die sestigerjare het hy en ander musikante die land verlaat en ’n kontrak met die Club Africana in Zürich gesluit. Daar het hulle groot indruk gemaak by onder andere die Amerikaanse ster Duke Ellington, wat gelei het tot die Paryse opname Duke Ellington presents the Dollar Brand Trio.

In 1965 het Brand na New York verhuis. Hy het in 1968 die Islam-geloof aangeneem en sy naam verander na Abdullah Ibrahim.

Afgesien van optredes oor die wêreld heen, was Ibrahim deur die jare ook betrokke by verskeie musiekprojekte.

- Die Burger

Lees meer oor: abdullah ibrahim  |  konserte

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2008
R 164,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i Hi-Rider PU
2006
R 119,950.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 HSE 4x4 Dsl AT
2008
R 585,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.