'Hy's nie Jackson-kinders se pa'
2009-08-12 09:08
Los Angeles – Michael Jackson se prokureur het Mark Lester se aansprake tot vaderskap van die superster se dogter Paris as nonsens afgemaak.
Londell McMillan het Lester daarvan beskuldig dat hy bloot “vyf sekondes van roem” nastreef nadat Lester gesê het dat hy in 1996 sperm geskenk het wat tot die geboorte van Paris gelei het.
“Hierdie uitlatings gaan nêrens nie. Dit het geen wetlike grondslag nie. Hulle kan vyf sekondes van roem nastreef, maar die bewerings is totaal en al ongegrond.”
McMillan het hiermee ook verwys na Jackson se persoonlike dokter, Arnold Klein, wat sê dat hy ook sperm geskenk het en dat hy moontlik die pa van die popster se twee oudste kinders, Prince Michael I (12) en Paris (11) kan wees.
Daar was Sondag beweer dat Lester, wat peetpa is van Michael se drie kinders, Prince Michael I, Paris en hulle sewe-jarige boetie Prince Michael II, ook hul biologiese vader is.
- BangShowbiz.com