Hurley en Nayar uitmekaar
2010-12-13 15:12
Los Angeles - Elizabeth Hurley, die Britse aktrise en model het bevestig dat sy en haar man, Arun Nayar, uitmekaar is net ure nadat ’n Britse koerant gerugte gepubliseer het dat sy en die Australiese krieket-speler, Shane Warne, in ’n verhouding is.
Brittanje se News of the World het Sondag berig dat Hurley en die krieket-ster vroeër die week tyd saam by ’n Londonse hotel spandeer het.
Hurley het glo op haar Twitter-blad bevestig dat sy en Nayar vroeër die jaar uitmekaar is.
Sy’t geksryf: “Nie ’n goeie dag nie. …my man Arun en ek is ’n paar maande uitmekaar. Ons familie en vriende was bewus hiervan”.
Lees die volledige storie hier
Volg Nuus24 op Twitter