Huldigingskonsert vir Michael Jackson gehou
2011-07-26 11:22
Los Angeles - Die familie van die ontslape popster, Michael Jackson, het planne bekendgemaak vir 'n huldigingskonsert in Wallis.
Die konsert word gesteun deur Jackson se ma, Katherine, en sal op 8 Oktober in die Millennium-stadion in Cardiff gehou word.
Die stadion het plek vir sowat 75 000 mense en die konsert sal wêreldwyd op televisie en in teaters uitgesaai word.
Katherine het dié planne in Los Angeles bekendgemaak, maar geen name van sangers genoem wat genader is om op te tree nie.
– RSG.
– Volg Nuus24 op Twitter.