Honderde moet plek maak vir Madonna-skool
2010-02-11 21:25
Blantyre, Malawi - Amptenare in Malawi het Donderdag gesê dat hulle menigte mense van ‘n stuk grond verwyder het omdat die popster Madonna beplan om ‘n skool vir meisies daar op te rig.
"Die distrikskommissaris vir Lilongwe het aand inwoners gesê hulle moet dié stuk grond verlaat om plek te maak vir die konstruksie van hierdie skool omdat dit die regering se grond is en gehou word vir ontwikkeling,” het ‘n amptenaar van kommissaris Charles Kalemba, se kantoor gesê.
Die amptenaar, wat onbekend wou bly, het gesê dat Kalemba sowat 200 mense ontwortel. Hy het glo gesê dat hulle gelukkig is dat hulle “vergoeding gekry het vir die huise, tuine en vrugtebome wat hulle prysgee”.
Inwoners het gedreig om Madonna se projek aan die wiele te ry mits hulle meer kontant onvang as die $500 000 vergoeding wat haar liefdadigheidsorganisasie geskenk het.
Anjimile Mtila-Oponyo, ‘n amptenaar vir dié liefdadigheidsorganisasie, het gesê dat hulle genoeg vergoeding ontvang het en geen rede het om te kla nie.
- Sapa