Hollywood vereer nuwe en bekende sterre
2009-10-27 20:40
Los Angeles - Die rooi tapyt is onlangs weer deurgeloop tydens die Hollywood Awards, ‘n seremonie wat beskou word as die begin van die toekenning seisoen in Hollywood.
“Ek dink ek was effens naïef toe ek hiernatoe gekom het vanaand,” het Gabourey "Gabby" Sidibe giggelend gesê.
Sy speel die rol van die mishandelde dogter in "Precious: Based on the Novel Push by Saffire."
“Hierdie is groot,” sê sy van die geleentheid.
Hillary Swank ("Amelia"), Julianne Moore ("A Single Man"), Carey Mulligan ("An Education") en Christoph Waltz ("Inglorious Basterds") was van die vereerde gaste by die geleentheid.
Sandra Bullock, Ewan McGregor, Kate Beckinsale, Morgan Freeman and "Juno" screenwriter Diablo Cody het as aanbieders opgetree.
“Dis ‘n fantastiese geleentheid,” het Charlize Theron gesê.
Sy het in 2005 ‘n Hollywood Award vir haar rol in "North Country" gewen en is daardie selfde jaar vir ‘n Oscar genomineer.
“Die Hollywood Awards veroorsaak nogal ‘n groot rumoer,” sê sy.
Hierdie jaar se wenners is:
Aktrise: Hilary Swank, "Amelia."
Byspeelster: Julianne Moore, "A Single Man."
Byspeler: Christoph Waltz, "Inglorious Basterds."
Regisseur: Kathryn Bigelow, "The Hurt Locker."
Draaiboek: Nora Ephron, "Julie & Julia."
Nuwe aktrise: Carey Mulligan, "An Education."
Nuwe akteur: Jeremy Renner, "The Hurt Locker."
Nuwe regisseur: Lee Daniels, "Precious: Based on the Novel Push by Saffire."
Nuwe Hollywood Prys: Gabourey "Gabby" Sidibe, "Precious: Based
on the Novel Push by Saffire."
Hollywood Kollig Prys: Shohreh Aghdashloo, Zachary Quinto,
Melanie Lynskey and Paul Schneider.
Beste Komedie: Bradley Cooper, "The Hangover."