Hofsaak teen Conrad Murray duur voort
2011-10-19 20:58
Los Angeles – Die hofsaak teen die dokter wat daarvan
beskuldig word dat hy Michael Jackson se dood veroorsaak het, duur voort ná ‘n onderbreking van twee dae.
Die onderbreking is toegelaat om Dr. Conrad
Murray se verdedigingspan die kans te gun om ‘n nuwe verslag oor die inhoud van
Michael Jackson se maag toe hy dood is, te bestudeer.
Dr. Steven Shafer, ‘n deskundige op die gebied
van verdowingsmiddels, en spesifiek propofol, sal na die getuiebank terugkeer.
Hy het verlede week getuig dat indien ‘n
pasiënt net ‘n bietjie te veel propofol gegee word, dit hom ure kan neem om
wakker te word, in plaas van net ‘n paar minute.
Dr. Murray word daarvan beskuldig dat hy vir
Michael Jackson ‘n oordosis propofol gegee het om hom te help slaap.
Die aanklaers voer aan dat die dosis propofol
wat hy vir Jackson gegee het, noodlottig was en dat hy daarna versuim het om sy pasiënt na wense te monitor.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.