Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Hoekom is Mej.SA wit? vra kykers

2012-12-24 17:45
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – 'n Wit vrou wat Suid-Afrika in die Mej.Heelal-kompetisie verteenwoordig het, was vir sommige kykers verlede week ietwat verwarrend, berig City Press.

Toe die voormalige Mej. SA Melinda Bam verlede Woensdagaand op die Mej.Heelal-verhoog in Las Vegas gestap het, het sy 'n debat op die sosiale netwerk Twitter ontketen.

Haar voorkoms het gesorg vir 'n magdom twiets, meestal van Amerikaanse kykers, tydens die kompetisie wat aanlyn om 03:00 (plaaslike tyd) uitgesaai is.

@AlondraTeresa het gesê: "Toe ek Mej. SA sien, het ek gedink: 'As sy van Afrika af is, hoekom is sy wit?'  #meangirlsreference."

@omgitzvanessa het geskryf: "Toe Mej. Suid-Afrika opkom, het my ma gesê: 'Hoekom is sy wit?'"

Die Twitter-gebruiker @theROBbulanSHOW het 'n selfs 'n samesweringsteorie gehad: "Donald Trump haat Obama so baie dat hy 'n wit meisie gekies het om Suid-Afrika in die Mej.Heelal-kompetisie te verteenwoordig."

Diegene wat eintlik iets weet van Suid-Afrika, was geskok oor dié tipe uitlatings. @trashypope het getwiet: "Ek kan nie glo mense wonder eintlik hoekom Mej. SA wit is nie".

Om die verwarring uit te klaar, het @linnyitssn tot die stryd toegetree: "Vir diegene wat dink ons (Amerika) onderwysstelsel werk, mense twiet oor hoe Mej. SA wit kan wees. Om hemelsnaam, lees 'n boek".

Die laaste Suid-Afrikaner wat die Mej. Heelal-kompetisie gewen het, was Margaret Gardiner in 1978.

Mej. VSA, Olivia Culpo, dra die Mej. Heelal-kroon. Die eerste prinses is Mej. Filippyne, Janine Tugonon, en die tweede prinses, Mej. Venezuela, Irene Quintero.

Bam het die toptien gehaal, maar is uitgestem toe die topvyf aangekondig is.

– Lees meer hier

– Volg Nuus24 op Twitter

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
64 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.