Herrie oor gru-foto's van Trump-seuns wat jag
2012-03-14 18:51
Kaapstad – Donald Trump se seuns, Donald Jr en Eric, wat in Zimbabwe op ‘n jagsafari gegaan en foto’s van die dooie diere geneem het, is deur diereregtegroepe oor die kole gehaal.
Die grusame foto’s van verlede jaar se safari is onlangs op die skinderwebwerf TMZ.com gepubliseer.
Die foto’s van die twee sakemanne wat onder andere met die karkasse van ‘n olifant, krokodil, koedoe, luiperd en waterbok poseer, het groot verontwaardiging onder wildbewaarders veroorsaak.
Die diereregtegroep Peta het die voorval in ‘n verklaring aan Hollywood Life gekritiseer: “Soos alle diere, verdien olifante, buffels en krokodille meer as om deur twee jong miljoenêrs doodgemaak en uitmekaar gekap te word vir ‘n foto...”
Die broers het hul dade verdedig en gesê hulle het die vleis aan nabygeleë dorpe geskenk.
Lees meer hier
Kyk hier na die foto’s: (WAARSKUWING: Ontstellende inhoud)
Volg Nuus24 op Twitter