Hernia het Sheen glo ondergekry
2011-01-28 12:11
Los Angeles – Die ster van die CBS-komedie Two and a Half Men is in ‘n “stabiele” toestand na hy Donderdag hospitaal toe gejaag is met ernstige pyne in sy maag, glo as gevolg van 'n hernia.
“Charlie het al 'n geruime tyd probleme ‘n mantelvliesbreuk,” het sy woordvoerder Stan Rosenfield gesê. “Die probleem is hernia-verwant, het die persoon wat die oproep na nooddienste gemaak het aan my gesê.”
Charlie Sheen is vroeg Donderdaoggend by sy huis in ‘n ambulans gelaai en na ‘n hospitaal gehaas, het TMZ berig.
Twee jong vrouens het glo terselfdertyd sy huis verlaat.
Lees die volledige storie hier.
Volg Nuus24 op Twitter.