Helikoptervlugte oor Neverland gereël
2011-06-20 19:00
Kalifornië – Ter herdenking van Michael Jackson se dood
twee jaar gelede sal aanhangers op helikoptervlugte oor sy Neverland-landgoed in
Kalifornië kan gaan.
Die sanger, wat in die ouderdom van 50 op die
25ste Junie 2009 oorlede is, het dié reuse-eiendom in die Santa Ynez-vallei
besit.
Van 09:00 tot sonsondergang sal
aanhangers op die 24ste en 25ste Junie teen
sowat R840 per persoon op ‘n halfuur lange vlug geneem word.
‘n Woordvoerder vir Channel Island’s
Helicopters sê 100 mense het reeds bespreek.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP