Helde-ontvangs tuis vir Psy van Gangnam-faam
2012-10-04 11:00
Video - Clinton dans in Johannesburg
Hillary Clinton, die VSA se minister van buitelandse sake, het by 'n spesiale dinee in Johannesburg 'n draai op die dansbaan gemaak.
KYK
Seoel – Die Suid-Koreaanse kletsrymer Psy sal Donderdag in Seoel 'n gratis konsert gee om die grootste maand tot dusver in sy loopbaan te vier.
Die 34-jarige kunstenaar, die man agter die treffer "Gangnam Style," het trefferlyste wêreldwyd gehaal met dié aansteeklike snit en die gepaardgaande dans.
Ongeveer 50 000 mense sal na verwagting byeenkom om die ster se vertoning voor die hoofstad se Stadsaal te geniet, en dit sal ook regstreeks op die videowebwerf YouTube uitgesaai word.
Die amptelike video vir "Gangnam Style," waarin Psy se beroemde danspassies te sien is, is al meer as 360 miljoen keer op Youtube besigtig. Verskeie ander weergawes van die video op dié webwerf is ook al miljoene kere gekyk sedert dit in Julie uitgereik is.
Psy het danksy die sukses van die enkelsnit oornag 'n internasionale superster geword, en is nou Suid-Korea se bekendste kunstenaar.
Die snit, wat amper heeltemal in Koreaans gesing word, vaar steeds uitstekend op Britse trefferlyste, en is tans nommer twee op die VSA se Billboard Hot 100-lys.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP